Kindervermaak by Stasiefees

Vanjaar se Op ’n Stasiefees op 13 Mei by Wellington Wyne bied heerlike vermaak vir die jongspan.


Vanjaar se Op ’n Stasiefees op 13 Mei by Wellington Wyne bied heerlike vermaak vir die jongspan.

Daar sal drie opvoerings in die wynkelder se Calypsosaal wees, naamlik Tjiff en Tjaff, Babelela en ook Rooikappie. Hier kan jou kinders lekker lag en saam sing en speel.

Die Kokkedoortjie kompetisie vir Gr. R-Gr. 3 vind in die kostent plaas. Wellington se eie kokkedoortjie, Thali, sal help om die spanne te beoordeel. Is daar toekomstige beroemde sjefs in ons midde? Kom toets gerus jou vernuf.

Vir die sportiewes onder die jongklomp is daar die Voortrekker-klimmuur. Het jy dalk hoogtevrees? By die klimmuur sal jy baie gou uitvind hoe dapper jy werklik is.

Die springkasteel is altyd gewild en lok baie wat graag hul vernuf hier wil ten toon stel. Moenie vergeet van die mallemeule nie, waar jy jou lekker kan verlustig deur al in die rondte te draai en te swaai.

Hoe goed is jou kind se oog-en-hand koördinasie? Kom neem ook deel aan die handtjie-tenniskampioenskap.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.