Soos dit ’n goeie tradisie betaam, het Kersvader wéér besluit om Saterdag (14 Desember) geskenke uit te deel tydens die gewilde Desember-volmaanpiekniek by die ikoniese Afrikaanse Taalmonument en -museum (ATM). Die kinders is ook bederf met ’n verskeidenheid speletjies en gesigverf. Links sit ’n baie opgewonde Cee-Jay Hartebeest-Louw op Kersvader se skoot nadat hy sy geskenk ontvang het.Foto: Chantélle Hartebeest