Kersfees-in-Julie-projek met vreugde

Alle gesinne, kerke, maatskappye, skole en enige belangstellendes word hartlik genooi om aan Huis Andrew Murray se Kersfees-in-Julie-skoendoosprojek deel te neem om sodoende ’n kinderhuiskind se hart met vreugde te vul.

Met altesaam 60 kinders wat hierdie Julie-vakansie nie weggaan nie, kan skoendose gevul word met ouderdomverwante geskenke.

Daar word ook graag gevra dat alle items nuut moet wees.

Die skoendose kan voor of op 24 Julie om 15:00 by die administratiewe kantoor van Huis Andrew Murray afgelewer word. Die geskenke sal op 27 Julie om 15:00 aan die kinders oorhandig word.

Indien u by die projek betrokke wil raak, skakel die kantoor by 021 873 3834/5 of stuur ’n epos na bemarking@andrewmurray.org.za

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.