Die Paarl-hospitaal is op soek na die familie van André Aubrey Pieterse (44).

Volgens rekords woon Pieterse in Hugostraat 6 in Suider-Paarl (PA-Kamp), nadat hy daarheen verplaas is van die “Blou huis” op die Klapmutspad.

Pieterse is op 21 Augustus 1979 gebore en is op 27 Mei 2024 via mediese nooddienste in die Paarl-hospitaal opgeneem.

Indien u enige inligting oor Pieterse se familie het, bel asseblief Anne-Marie Fourie by 021 860 2560 in kantoorure.

You need to be Logged In to leave a comment.