Kayla Coetzee, die Hoërskool Labori se hoofmeisie vir 2024, is gekeur as een van die 25 hoofleiers (meisies) in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap om vanjaar die 65ste jeugleiers­konferensie van Die Burger by te woon. Die konferensie word van 10 tot 14 Desember in Stellenbosch aangebied. Hierdie is ’n uitsonderlike eer en voorreg vir die leerders en ’n wonderlike geleentheid vir jong leiers. Die skool is regtig baie trots op Kayla!