Kattebak-konings: Die Three Ships Whisky Wellington Krieketklub Sixes is gewen deur die Kattebakbende. Die spanlede is (agter) Tertius Joubert, Le Roux Strydom, Christo Ritter, Shaun Cutting, Frankie Wium en (regs voor) Theuns Stofberg. By hulle is (links voor) Raymand Watts namens Three Ships Whisky. Foto: engela duvenage


Die Boland se oudste ses-aan-’n-kant- kriekettoernooi het Saterdag behoorlik gekook – en nie net omdat wedstryde in temperature rondom 40 °Celsius in Wellington gespeel is nie!

Hope grenshoue en uithaler-veldwerk was weer eens kenmerkend van die Three Ships Whisky Wellington Krieketklub Sixes, wat al vir byna drie dekades aangebied word.

In die finaal het die Kattebakbende koning gekraai teen Kaap Agri, wat onsuksesvol was in hul poging om ’n telling van 55 lopies te jaag om die Kattebakbende te klop.

Die plaatfinaal is gewen deur Namaqua Wines, en die Skildfinaal deur Omega.

You need to be Logged In to leave a comment.