Suid-Afrikaners wat in die Midde-Ooste werk, mis lekker vermaak. Toe hulle tot hul verrassing van die Big 5-konsert uit hul tuisland in Katar hoor, het kaartjies soos soetkoek verkoop. Die vertoning het ’n ongelooflike aand se pret en vermaak opgelewer, met die Suid-Afrikaners wat heerlik gekuier het – so lekker soos net Suid-Afrikaners kan. Die Big 5 het Katar soos die Kaap laat voel. Dié musikante het ook twee dae later ’n vertoning in Doebai aangebied. By die vertoning in Katar was, van links, Don Vino Prins, Mujahid George, Dillon Martin (bekende radioman en barista van die Paarl), Emo Adams, Tonya Martin van die Paarl, Shawn de Vries, Nur Abrahams en Loukmaan Adams.Foto: