Laerskool Hugenote het Vrydag 13 Maart sy jaarlikse kaskarwedrenne aangebied. Die deelnemers, wat leerders en onderwysers ingesluit het, het ’n dag vol pret en vermaak geniet. Die uitspattige tema en die leerders se kleurvolle uitrustings het tot die jolige gees op die dag bygedra.