St. Albans Primêre Skool in Wellington hou hul 26ste karnaval op hul skoolterrein op Vrydag, 17 en Saterdag, 18 Maart.
Dit beloof om ’n naweek propvol vermaak vir oud en jonk te wees met bekende sanggroepe en sangers, mallemeule, verskillende stalletjies, kos en ander vermaak.
Toegang is R40 vir volwassenes en R25 vir kinders. Rittekaartjies is by die skool beskikbaar teen R10 per rit. Voorafverkoopte kaartjies is beskikbaar teen R35 vir volwassenes en R20 vir kinders. Maak gerus gebruik van hierdie afslag wat strek tot 17 Maart om 17:00.
Indien u sou belangstel in ’n stalletjie kan die volgende nommer geskakel word by 063 6189 678. Oproepe sal slegs van 08:00 tot 14:00 geneem word.