Karateka-studente en lede van Karate-Wes-Kaap wat aan die Patrick Ross Karate Instituut in die Paarl verbonde is, het die afgelope naweek aan Karate SA se ontwikkelings- en vroue-beker in Gqeberha (Port Elizabeth) deelgeneem en met nege goue, vyf silwer- en ses bronsmedaljes huis toe gekom. In die kata-afdeling het Veronica van Wyk (goud), Maureza Segelaar (silwer), Venesia Adams (brons), Mariëtte Segelaar (brons), Cindy Jardine (brons), Ziva Lombaard (silwer), Nefertiti Alexander (brons), Mikyala van Wyk (silwer), Huda Khan (brons), Luke Williams (silwer) en Shantey Lee Pieterse (goud) presteer. In die kumite-afdeling het Jayden America (goud), JP Timmy (silwer), Jenique Pekeur (brons), Ziva Lombaard (brons), Cindy Jardine (silwer), Ehli Titus (goud), Shantey Lee Pietersen (goud), Shea Earl Pieterse (goud) en Jovann Carolissen (goud) goed gevaar. Die meesterspan het goud gewen. Foto:
Karatekas presteer baie goed
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.