Dié trotse studente van Patrick Ross Karate Academy spog met hul medaljes wat hulle gewen het in Paarl met shihan Patrick Ross (agter). Hulle het die beste van al die style gevaar en gewys dat hulle ’n krag is in Wes-Kaap. Die jongste student was ses jaar oud en die oudste 56. ’n Span sal nou gekies word om aan die Wes-Kaap-proewe van 30 November tot 1 Desember in Oudtshoorn deel te neem. Belangstellendes kan Maureza Segelaar by 083 592 3205 bel of stuur ’n e-pos na maureza50@gmail.com.