Luanne du Plessis, ’n gr. 7-leerder aan die Laerskool WA Joubert, het van 20-22 September aan die 24ste Suid-Afrikaanse Goshu Kai-karatekampioenskap in Port Elizabeth deelgeneem. Sy het in die 13-jarige afdeling ’n goue medalje vir kata verwerf. Sy is die enigste lid van die Overberg-span wat goud vir kata gewen het en kwalifiseer vir die Goshu Kai-wêreldkampioenskap wat in 2021 in Japan gaan plaasvind.
Karate se baas
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.