Kapsie oor berig oor Clarke

Hiermee spreek ek as die voormalige president van Boland Krieket my skok en misnoeë uit oor die onakkurate en misleidende beriggewing in verband met die aanstelling destyds van Johan Clarke by Boland Krieket.


Hiermee spreek ek as die voormalige president van Boland Krieket my skok en misnoeë uit oor die onakkurate en misleidende beriggewing in verband met die aanstelling destyds van Johan Clarke by Boland Krieket.

Ek wil dit duidelik stel dat ek op geen tydstip geraadpleeg of ingelig is van sodanige beweringe jeens my persoon, soos vervat in die artikel (“Clarke nie in aanmerking vir krieket-presidentskap”, Paarl Post, 21 November 2024), om feite te verifieer en/of te bevestig, voordat voortgegaan is met publikasie nie.

Die berig maak bewerings dat ek ten volle bewus was van Clarke se vorige werksgeskiedenis en beweerde oortredinge in Nieu-Seeland en derhalwe toegelaat het dat hy as raadslid aanbly.

Ek wil die lug suiwer en die feite regstel sodat u lesers, die breë publiek asook Boland Krieket en Krieket SA ’n ingeligte en feitlik korrekte begrip kan hê.

Ek wil die volgende beklemtoon: Voor sy aanstelling was ek nie bewus van mnr. Clarke se oortredings en sanksies teen hom in Nieu-Seeland nie en dit is nie onder my aandag gebring deur die uitvoerende hoof soos protokol vereis nie.

Ek het by ’n goeie sportvriend verneem dat hy bedenkinge het oor die geskiktheid van Clarke om as direkteur in die lig van sodanige oortredings te dien. Die gesprek met die sportvriend het plaasgevind eers nadat Clarke reeds aangestel is.

Ek het toe die uitvoerende hoof genader om die beweerde onthullings jeens Clarke uit te klaar. My beweegredes was oor deursigtigheid en eerlikheid.

Die gesprek het toe gelei tot my verwysing van die aangeleentheid na die voorsitter van die sosiale en etiese komitee van Boland Krieket om die aangeleentheid te ondersoek en te besleg.

Die saak is toe bespreek met die voorsitter van die komitee, myself, Fortuin en Clarke.

Ná intense bespreking en verduideliking deur Clarke het die voorsitter van die komitee tot ’n slotsom gekom dat geen verdere ondersoek nodig geag word nie.


Angelo Carollissen,

Paarl

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.