Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) het gedurende Oktober op die belangrike rol wat vroue kan vervul om eienaarskap vir hul persoonlike gesondheidv te aanvaar, gefokus.
Volgens syfers van die Nasionale Kankerregister (NKR) van 2014 is die topvyf-kankers wat vroue in Suid-Afrika raak, die volgende: Borskanker; servikale kanker, kolorektale kanker, kanker van die baarmoeder en longkanker.
“Dit is belangrik om vroue te bemagtig met kennis aangaande die verlaging van risiko’s vir kanker en algemene gesondheid onder vroue, en ook om kennis te neem van waarskuwingstekens. Ons moedig vroue aan om maandeliks selfborsondersoeke te doen, jaarlikse mediese ondersoeke te ondergaan en om gereelde siftingstoetse vir kanker te laat doen.”
Kansa het gedurende Oktober ’n kankerbewusmakingsdag by die Drakenstein-biblioteek gehou, waar borsondersoeke en papsmeertoetse gedoen is.
Naomi Philander, ’n plaaslike Kansa- maatskaplike werker, het vroue op hierdie dag aangemoedig om vir gereelde borsondersoeke en papsmeertoetse te gaan. . Vir meer inligting oor die onderskeie soorte kanker, bel Naomi Philander by 061 209 9426.