Dramaturge wat aan die begin van hul loopbaan staan, word uitgenooi om hul nuutgeskrewe dramatekste vir moontlike opvoering by volgende jaar se Suidoosterfees in te skryf.
Die Suidoosterfees het vir sy Jong Sterre-dramatekskategorie hande gevat met die Jakes Gerwel-stigting se nuwe teksskrywersprojek.
Belangstellendes kan nuutgeskrewe dramatekste, of ’n uittreksel, tesame met ’n kort CV, vir keuring stuur aan francois.abrahams@media24.com. Die sluitingsdatum is 5 Julie.
’n Kortlys van teksskrywers sal op 19 Julie bekend gemaak word en tekste op 1 en 2 Augustus aan ’n paneel van kenners voorgelê word. Suksesvolle kandidate van hierdie kategorie sal op 5 Augustus bekend gemaak word.
Hierdie kandidate sal van 4 tot 25 Oktober ’n kreatiewe skryfskool by die Jakes Gerwel-stigting se Paulet-skrywershuis in Somerset-Oos in die Oos-Kaap bywoon, met Amy Jephta as mentor.
Die stigting sal die jong skrywers se reis- en verblyfkoste dek.
Die gekose tekste sal dan tussen November vanjaar en April volgende jaar in samewerking met professionele mentors ontwikkel word om by die Suidoosterfees opgevoer te word.
Vir meer inligting of hulp met die aansoekproses, bel Francois Abrahams by 021 406 2456 of stuur e-pos na suidooster@media24.com. Vir meer inligting oor die teksskrywersprojek, stuur e-pos na Theo Kemp, uitvoerende direkteur van die Jakes Gerwel-stigting, by theo@jgf.org.za.