Die Laerskool Paulus Joubert se grondslagfase-krieketspelers was deel van 53 skole wat die afgelope Saterdag (6 April) aan die Boland-KFC-minikrieket- provinsiale feestoernooi deelgeneem het. Die leerders het uitstekend gevaar en dit terdeë geniet. Saam met die opgewonde spelers is die opvoeders asook die afrigters. Agter van links is Devidean Moses-Baartman, Brinn Jansen en Michelle Feris, Amy Anderson en heel voor is Chenise Simonse.