Die eerste skolerugby-reeks, die Sanlam-Drakenstein-derbykampioenskap, het die naweek plaasgevind. Die toernooi is geformuleer om die skole-derbies in die Drakenstein-gebied se wenners en verloorders teen mekaar uit te daag en sodoende die kampioen der kampioene te bepaal. Die spanne wat hul derbies gewen het, het in die Beker-afdeling gespeel en die verloorders het om die Skild-kompetisie meegeding. Skole wat deelgeneem het, was Klein Nederberg, Bergrivier Sekondêr, Wellington Hoërskool, Paulus Joubert Sekondêr, Charleston Hill, Weltevrede, New-Orleans en Noorder-Paarl. Die Hoërskool Klein Nederburg (links) was die Beker-wenners met 22-16 teen Paulus Joubert en is hiermee gekroon as die Sanlam-Drakenstein-derbykampioene van 2024. New Orleans (bo) was die Skild-wenners teen Weltevrede met 28-3.Foto: Ernest Kilowan