Die blomme het weer die afgelope naweek in Wellington gepronk, met die 108ste krisanteskou wat in die Breedsaal plaasgevind het. Vanjaar was Marcelle Rhode die kampioen-wenner vir 2024 en dr. Michael le Cordeur die spinnekopblom-wenner. Op die skou, van links, is ds. Roger Groenewald (VGK Kerk Wellington), Japie Willemse, gasspreker Mara Scholtz (Wellington-tuinbouvereniging), Theo Van Huysteen, Anthony Cavernelis, Marcelle Rhode (kampioen-wenner), Edwena Goff (wenner van rangskikkings), dr. Michael le Cordeur (spinnekopblom-wenner) en Christiaan Small.