Almal praat tans oor die jaar wat einde se kant toe staan, en dit het my laat reflekteer oor myself en my eie lewe en die lewe van die mense na aan my.

2023, waarin ek en my naastes harde klippe gekou het – finansieel en emosioneel – maak my bang vir wat 2024 inhou, want ’n mens kan ook net soveel negatiwiteit verdra voordat jou rug onder al die druk knak.

Maar, hoewel ek senuweeagtig is oor 2024 se onbekende, weet ek ook ek is nie alleen nie en dat my naastes my worries saam met my dra en ook jubel in my geluk.

Ek dink dit is die boodskap wat ek wil oordra met hierdie brief – dit maak nie saak hoe swaar jy kry nie, daar is altyd hulp daar buite, en as jy voel jy het nie hulp nie, moet jy weet jy is verkeerd, want daar is altyd iemand by wie jy vertroosting kan vind.

Of só iemand ’n familielid of vriend is; of dit ’n onderwyser of ’n totale vreemdeling is na wie jy uitreik – niemand is ooit alleen nie en jy hoef nie jou las alleen te dra nie.


Amanda Adams,

Wellington

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article