Franchelle Behm (links) en Elzaan Bredenkamp, leerders aan die Hugenote Laerskool, het in Desember 2019 as lede van die Wynland o.13A-Jukskeispan aan die SA Junior Jukskeitoernooi in Kroonstad deelgeneem. Hulle het Noord-Vrystaat geklop en ’n goue medalje gekry. Die span het algeheel ’n bronsmedalje by die SA toernooi verower. Elzaan is as een van die top-10 meisies in die o.13-afdeling in die land aangewys.