Inwoners van verskeie plase in die Paarl en omliggende gebiede het Saterdag by De Poort in die Paarl byeengekom om ’n vriendskaplike jukskei-wedstryd teen mekaar te speel. Die dag is aangebied deur die Visarende, ’n plaaslike jukskeiklub wat die gemeenskap deur sport en geloof bymekaarbring. Links wys Lena Hess van Hochheim-plaas in die Paarl hoe dit op die jukskeibaan gedoen word. Die volgende vriendskaplike wedstryd is op 25 Maart by De Poort en enigiemand is welkom om aan te sluit. Foto: Chantélle Hartebeest


You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 4 December 2025
    Paarl Post – E-edition – 4 December 2025

Gift this article