Op Saterdag 10 September het Visarende weer ’n heerlike Jukskei-dag by De Poort aangebied.

Daar was drie plase vanuit die omgewing – Tierstel, Hochheim en Vredenhof – wat aan die vriendelike spel deelgeneem het.

Oud en jonk het heerlik gespeel en nuwe vriendskappe is tussen die plaaswerkers gesmee.

Alle spelers het na die tyd ’n worsbroodjie en koeldrank geniet en oor die dag se spel gesels.

Daar was omtrent dwarsdeur die dag ’n gelag en gejuig.

Die Visarende moedig graag enige plase van die Boland- en Breërivier-area aan om deel te raak van die maande­likse vriendskapspel.

Vir meer inligting en hoe om betrokke te raak kan Roan van Schalkwyk van Visarende by 072 531 9188 gebel word.

Die volgende geleentheid is op 22 Oktober.

You need to be Logged In to leave a comment.