Die Visarende-jukskeiklub het Saterdag sy eerste sosiale jukskeidag vir 2023 by De Poort in Suider-Paarl aangebied. Die opgewondenheid van die spelers was tasbaar toe hulle die bane ná die lang vakansie weer kon betree. Sommige van die spelers het die penne behoorlik laat klap, waar ander met minder ervaring die geleentheid gebruik het om hul spel op te knap. Dit was gewis groot pret vir elkeen wat deelgeneem het. Oud en jonk het die dag saam geniet en spanne van die omliggende Bolandse plase Hochheim, Minnie Rossouw en Tierstel het meegeding. Almal het rustig saam verkeer en ’n heerlike worsbroodjie en koeldrank na afloop van die dag se spel geniet. Vir meer inligting oor die sport en hoe om by die weeklikse en maandelikse jukskeigeleenthede betrokke te raak, kan Roan van Schalkwyk by 072 531 9188 gekontak word.Foto:
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.