Zuléka Smit wys met trots haar eerste kinderboek, Ben gaan skool toe.


’n Plaaslike Klein Boishaai-onder­wyseres het sopas haar eerste kinder­boek, Ben gaan skool toe, gepubliseer.

Die lief-vir-die-lewe-onderwyseres Zuléka Smit (39) is reeds 15 jaar ’n onderwyseres hier.

Zuléka het reeds ’n baie suksesvolle Facebook-blad, Uit die pen van ’n mamma en juffrou, wat al 31 000 volgelinge het.

Sy is ook koshuismoeder by ’n plaaslike skool en is getroud met Johan en hulle het twee kinders, Karli en Heini.

Zuléka se pragtige storie oor die onsekerheid van skool toe gaan is gegrond op haar baie jare in die onderwys en ook haar ervarings met haar eie kinders.

. Ben hou nie van skool toe gaan nie. Die ander kinders is lelik met hom en hy het glad nie maatjies nie! Maar sy mamma vertel hom dat Jesus vir hom lief is. Die volgende dag kondig juffrou aan dat hulle konsert gaan hou! Dalk sal hy uiteindelik kans kry om maats te maak.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article