Joshua Simmons (10), ’n leerder aan die Laerskool WA Joubert, het Saterdag (22 Julie) aan die Talento-sangkompetisie deelgeneem en deurgedring na die eindronde van die kompetisie. Die skool is baie trots op Joshua en wens hom alle sterkte toe.