Anuschké Solomon is die laerskole-maandwenner van Paarl Post se Sportster van die Jaar-kompetisie vir Maart. Dié gr. 5-leerder aan die Laerskool Drakenstein is ’n formidabele sportvrou in verskeie sportsoorte soos tennis, atletiek, netbal en swem. Anuschké het vanjaar aan die Wilson-tennistoernooi deelgeneem waar sy ’n tweede plek in die o.11B-afdeling vir meisies behaal het. Sy was in die vierhoek-atletiek-byeenkoms eerste in die afdeling vir o.11-meisies in die 80 m, 100 m en verspring en tweede in gewigstoot en die 70 m-hekkies-item. Sy is ’n sportvrou met talent.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article