Sakelui is al hoe meer van mening dat die geheim vir ’n suksesvolle toekoms in entrepreneurskap lê. Die jong Coetzee-broers van Wellington het nou ook tot dié besef gekom. As deel van een van hul tuisskool-projekte moes hulle ’n entrepreneursprojek aanpak. Hulle het ’n Wellington-wingerdboer genader, wat aan hulle boksies druiwe verkoop het, en hulle het toe die boksies op hul beurt teen ’n wins verkoop. Die flink broers is van links Ewald (10), Mateo (9) en Ayden (11).Foto: Lise Beyers


Jong sakelui

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article