’n Graad 3-leerder aan die Laerskool Slot van die Paarl, Luan Immelman, neem elke naweek aan die Run the Vines-wedloop deel. Hy was onlangs weer eens die eerste seun oor die wenstreep by Nederburg Wines en het die 3 km-wedloop voltooi. Lance Pepler staan by hom.