Die uiters gewilde sanger Jo Black tree Vrydag 26 Julie by Bergkroon aan die voetenent van Bainskloof by Wellington op.
Die baardman Jo, wat verlede jaar as Suid-Afrika se sexyste man gekroon is, is bekend vir trefferliedjies soos “Skepe”, “Voel jy die genade” en “Bitter”.
Die konsert is deel van ’n geldinsameling vir Laerskool Hugenote en begin 20:00. Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by www.quicket.co.za.