Die plaaslike leerders is agter van links Luhan van Wyk (Hoërskool Boland Landbou), Eden Arendse (Klein-Nederburg Sekondêre Skool), Jan-Meyer Verhoef (Hoër Jongenskool Paarl) en Martin du Plessis (Hugenote Hoërskool). In die middel is Prudence Adonis (Bergrivier Sekondêre Skool), Mej. SA 2017, Demi-Leigh Nel-Peters, en Ayabonga Saliso (Desmond Mpilo Tutu Sekondêre Skool). Voor is Labeebah Solomon (New Orleans Sekondêre Skool) en Shawne Marais (Schoonspruit Sekondêre Skool).Foto: Stephen Fourie


As bydrae tot die gees vir Mandeladag het die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans by Artscape 35 matrieks van verskillende skole in die Wes-Kaap byeengebring.

Ivor Price, tans bestuurder van sake-innovering en spesiale projekte by Media24, het as fasiliteerder opgetree vir groepbesprekings rondom temas van onder meer diversiteit, leierskap, gemeenskapsbetrokkenheid en die toekoms van Suid-Afrika.

Die verrigtinge is afgesluit deur die huidige mej. SA, Demi-Leigh Nel-Peters, wat die leerders toegespreek het, asook met ’n optrede deur die gewilde Afrikaanse kletsrymkunstenaar, Hemelbesem.

You need to be Logged In to leave a comment.