Jeugdag (16 Hunie) word gevier ter herinnering aan die jeug van 1976, wat opgestaan het teen die destydse Apartheidsregering se onderwysbeleid.

As ons terugkyk na hierdie gebeurtenis, kan ’n mens nie anders as om te wonder waar ons jeug vandag staan ten opsigte van lewensaspekte wat saak maak nie.

As ons noukeuriger na die syfers kyk, lyk dit asof die jeug van vandag meer terugslae as vordering beleef. Meer jongmense beland agter tralies as ooit tevore. Geletterdheid daal. Dwelmverslawing onder jongmense is wydverspreid, net soos tienerswanger­skappe. En ’n algemene gebrek aan dissipline onder die jeug is duidelik.

Dit is dus duidelik dat die jeug meer terugstappe neem as vordering maak.

Wie moet die skuld hiervoor kry? Hoewel die regering verantwoordelikheid moet aanvaar vir ’n onderwysstelsel wat faal, begin onderwys steeds tuis.

As ’n kind nie ’n dak oor sy kop het, ’n voedsame maaltyd elke dag en ’n ouer wat hom in die regte rigting kan lei nie, is hy goed op pad om deel te word van ’n verlore geslag.

Streng maatreëls moet ingestel word om na die welstand van ons kinders om te sien. Soos sake tans staan, sal dit ’n klad op die nagedagtenis wees van diegene wat hul lewe in 1976 in die stryd vir ’n beter toekoms verloor het.

You need to be Logged In to leave a comment.