Jannie du Toit bring op Dinsdag 13 Desember sy program Doep is nie dood niena die Drakenstein-gemeente in Denneburg. Tydens die optrede sing hy musiek van Koos du Plessis. Hy word begelei deur Susan Mouton op tjello en Chanie Jonker op klavier en akkordeon. Die konsert begin om 10:00 en word met ’n gesellige oggendtee afgesluit. Kaartjies teen R120 per persoon is beskikbaar by die kerkkantoor of by Marié Smidt by 067 321 9412.
Jannie du Toit in Drakenstein
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.