Jana van Staden, ’n gr.3-leerder aan Laerskool Paarl Gimnasium, het in Kroasië aan die DanceStar-wêreldeindronde deelgeneem. Sy het ’n derde plek vir solo asook ’n derde plek vir duet, eerste plek vir trio en ’n sewende plek in die Enamabala-groepdans behaal. Sy het haarself in uitgelese geselskap bevind – topdansers van 20 lande het om die titel as wêreldkampioene meegeding. Jana is nou die wêreldkampioen in die trio-afdeling.