Jagters is vandeesweek weer ‘n harde Covid-19-hou toegedien, toe die regering basies jag weer verbied het.
Dit
kom nadat die minister van die omgewing, bosbou en visserye pas die nuwe voorskrifte
bekendgestel het wat vandag in die staatskoerant gepubliseer is. Volgens hierdie voorskrifte word reis slegs binne ’n provinsie toegelaat met die
primêre doel om te jag om vleis vir eie verbruik te bekom en geen verblyf
mag verskaf word vir jagdoeleindes nie.
Dit beteken bloot dat jag in alle
opsigte in werklikheid onmiddellik verbied word, het Fred Camphor, van SA
Jagters– en Wildsbewaringsvereniging gesê.
In praktyk beteken dit dat `n
individu slegs sal kan jag binne die provinsie waar hy/sy bly, ná 04:00 die oggend ry en weer voor 21:00 saans tuis is.
In die nuutgepubliseerde
staatskoerant punt 3(a) spesifiek, word die uitdun van wild toegelaat, maar jag is uitgelaat. In Punt 3(b) word reis beperk tot binne ’n provinsie en word die verskaf van enige vorm van verblyf vir jag verbied.
“Hierdie voorskrifte kom as `n baie onaangename verrassing na die president se toespraak dat die ekonomie heropen moet word.
Daar is reeds `n vergadering met die minister belê om die onderwerp te bespreek. Ons vra egter dat lede asseblief verantwoordelik optree en die voorskrifte sal nakom,” het Camphor gesê.