Jaarlikse matrikulante-kerkdiens

Sondag 15 Oktober om 9:00 vind die jaarlikse kerk­diens vir matrikulante in die VG kerk Huguenot plaas.


Sondag 15 Oktober om 9:00 vind die jaarlikse kerk­diens vir matrikulante in die VG kerk Huguenot plaas.

Studente, ouers, leer­ders en onderwysers word na hierdie spesiale kerk­diens genooi wat in same­wer­king met die Wes-Kaapse departement van onder­wys, die VG kerk Huguenot asook plaaslike sekondêre skole gereël word.

Die afgelope jare se dienste is baie goed bygewoon deur die matrikulante en was ’n reusesukses.

Die matriekeksamen is ongetwyfeld een van die belangrikste eksamens wat leerders moet aflê.

Die bekende prediker en akademikus dr. Jacques Beukes sal vanjaar as prediker by dié kerk­diens optree.
. Vir verdere navrae, bel skoolhoof Ivor Collins by 083 346 3889.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.