Jaarlikse kerkdiens vir matrikulante

Die Huguenot VGK in samewerking met die Wes-Kaapse onderwysdepartement en plaaslike sekondêre skole hou ’n spesiale kerkdiens op Sondag 16 Oktober om 09:00.


Die Huguenot VGK in samewerking met die Wes-Kaapse onderwysdepartement en plaaslike sekondêre skole hou ’n spesiale kerkdiens op Sondag 16 Oktober om 09:00.

Die afgelope jare se dienste is baie goed deur die matrikulante bygewoon en was ’n reusesukses, daarom word daar voortgebou op hierdie jaarlikse tradisie en matrikulante, studente, ouers en onderwysers word uitgenooi om hierdie diens by te woon.

Die matriekeksamen is ongetwyfeld van dié eksamens, indien nie een van die belangrikste eksamens nie, wat ’n leerder moet aflê.

Ons is bewus dat matrikulante tans hard besig is met hulle voorbereiding vir die eksamen, maar wil nogtans vra om hulle aan te moedig om die diens by te woon.

Die bekende prediker en akademikus, prof. Juliana Smith, verbonde aan die opvoedkundige fakulteit van Universiteit van Wes-Kaapland, sal vanjaar as prediker optree.

Vir verdere navrae, bel skoolhoof Ivor Collins van Paulus Joubert Sekondêre Skool by 021 862 3480 of 083 346 3889.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.