Die eindronde in die SuperSport-Uitdaagreeks is Sondag deur die Boland-rugbyunie by die Transnet-Saldanha-stadion aangebied waar Emo Adams as gaskunstenaar opgetree het. Hier is Adams (regs) saam met Ivan Pekeur, die president van Boland Rugbyunie. Tussen hulle staan Shilton van Wyk, opwindende jong vleuel van die Boland Kavaliers, wat onlangs in die SA Sewes-akademie opgeneem is. Griekwas het as oorwinnaars uit dié stryd getree ná ’n 28-13-oorwinning oor die Poemas en is as die SuperSport-Uitdaagkampioene vir 2019 gekroon.