Met ‘n lojale Italiaanse aanhangersklub, is die plaaslike Franschhoek-wynvallei Pigcasso onlangs deur ‘n Italiaanse kunsagentskap genader om een van haar skouspelagtige kunswerke te skenk. Hierdie kunswerk vorm deel van ‘n versameling wat op eBay opgeveil sal word, met die opbrengs wat geskenk sal word in ‘n poging om verligting in Italië te bring te midde van die Covid-19-pandemie wat ook dié land tans swaar teister.
Hoewel Franschhoek Pigcasso se hartsplek is, het sy ‘n sagte plekkie vir Italië, en het sy dus nie twee keer gedink om te help nie.
Pigcasso se skildervennoot is Jo Lefson en saam het hierdie duo die kunswêreld op horings geneem sedert die bekendstelling van hul abstrakte ekspressionistiese kunswerke in 2017.
Die buitengewone vennootskap tussen Jo en Pigcasso het ten doel om die norme uit te daag en debatvoering uit te lok oor die definisie van kuns, terwyl hulle ook hul talente inspan om die nadelige gevolge van diere-landbou op klimaatsverandering uit te lig. Die opbrengste uit die verkope van Jo en Pigcasso se ander kunswerke gaan ten bate van Farm Sanctuary SA – ‘n organisasie sonder winsbejag in Franschhoek, waar hulle albei woon.
Vir meer oor Pigcasso se kunswerke en manewales besoek http://pigcasso.org/about.html.