Nasionale Testamenteweek vind vanaf 11-15 September plaas en dit is ’n goeie tyd om of jou testament te heroorweeg of als in orde is, of om een op te stel indien jy nog nie het nie.

Hoekom moet jy ‘n testament hê?

Deur ‘n testament op te stel verseker jy dat jou bates na jou dood in ooreenstemming met jou wense van die hand gesit word. Hierdie voorreg word “vryheid van testasie” genoem.

Hoekom moet ‘n prokureur jou testament opstel?

Prokureurs is professionele persone wat in die regte gekwalifiseer is. ’n Prokureur kan jou adviseer oor enige probleem wat met betrekking tot jou testament mag ontstaan. ’n Prokureur beskik oor die nodige kennis en kundigheid om te verseker dat jou testament geldig is en aan jou wense voldoen.

Dikwels is ’n testament nie geldig nie omdat die persoon wat dit opstel nie die nodige regskennis het om te verseker dat daar aan die vereistes van die wet voldoen word nie.

Wat gebeur met jou boedel as jy sterf sonder ’n geldige testament?

As jy sterf sonder om ’n geldige testament na te laat, sal jou bates volgens die bepalings van die Wet op Intestate Erfopvolging verdeel word. Die bepalings van hierdie Wet is oor die algemeen billik en verseker dat jou besittings aan jou gade en kinders oorgedra word, en waar van toepassing, aan broers en susters, ouers, en indien nodig, dan aan die uitgebreide familie in terme van grade van verhoudings en dié wat afhanklik was op jou vir finansiële ondersteuning.

Maar, die volgende probleme kan ontstaan ??as jy sterf sonder om ‘n testament na te laat:

Jou bates mag nie aan die persoon van jou keuse oorgelaat word nie.

Dit kan lank neem om ‘n eksekuteur aan te stel. Die eksekuteur wat aangestel word, kan iemand wees wat jy dalk nie self gekies het nie.

Daar kan ekstra en onnodige koste wees.

Daar kan ongelukkigheid en konflik tussen lede van jou gesin wees omdat daar geen duidelike instruksies is oor hoe om jou bates te verdeel nie.

Vir meer inligting of vir bystand bel die Prokureursorde van Suid-Afrika by (012) 366 8800 of e-pos ons by lssa@lssa.org.za of besoek ’n plaaslike prokureur.

You need to be Logged In to leave a comment.