Met die eerste van die laaang langnaweke wat nou aanbreek, het die kwessie van openbare vakansiedae weer ontstaan.

Vir baie is dit ’n welkome onderbreking, terwyl dit vir ander ’n omslagtige ontwrigting is van wat winsgewende werktyd behoort te wees.

Hoewel die skoolowerhede vir ’n verandering regdenkend was met hierdie naweek en volgende naweek se Paasnaweek, wat binne die skoolvakansie val, is dit nie aldag so nie. Dikwels word skoolonderrig erg ontwrig met ’n ekstra skoolvakansie wat gegee word as die openbare vakansiedag op ’n Dinsdag of Donderdag val – om nie te praat van die Maandae, wat aan openbare vakansiedae wat op ’n Sondag val, bygelas word nie.

Dan moet ons nie vergeet van die groot ekonomiese impak wat hierdie vakansiedae op sakeondernemings het nie. Die finansiële verlies beloop vir sommige miljoene rande.

En boonop het Suid-Afrika meer openbare vakansiedae as die meeste lande.

Respekteer en vier die breë publiek werklik vakansiedae soos Jeugdag, Vrouedag en Werkersdag?

En dan ook het vanjaar ’n bykomende vakansiedag – Verkiesingsdag.

Met die huidige powere stand van die ekonomie sou dit wys gewees het van die leiers om al hierdie aftyd te heroorweeg.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article