Die sektorbestuurders van die Paarl-Oos-polisie word só aan die gemeenskap bekendgestel.Foto: Rasaad Adams


Die manne en vroue in blou streef elke dag daarna om die gemeenskap te dien en veilig te hou.

Dus wil die Paarl-Oos-polisie ook vinnig bereikbaar wees vir inwoners in die gebied waar hulle daagliks werk deur die onderskeie sektorbestuurders se besonderhede te deel.

In die geval van ’n noodgeval of wanneer dringende polisiebystand benodig word, kan dié nommers enige tyd van die dag geskakel word. Om dié rede vra kapt. Basil Seekoei, ’n woordvoerder vir die Paarl-Oos-polisie, dat inwoners hierdie nommers byderhand hou. Die polisiekantoor se landlyn, 021 877 5900, bly steeds in werking.

Die doel van sektorpolisiëring beteken dat die polisiëringsgebied in kleiner, meer hanteerbare gebiede verdeel is. Dit maak die werk van die polisie makliker en die gemeenskap kan direk met die sektorbestuurders kontak maak indien nodig.

Die onderskeie gebiede en sektorbestuurders in Paarl-Oos se kontakbesonderhede is soos volg:. Sektor 1 (Groenheuwel, Smartie Town, Greenfields, Mountain Ridge, Vlakkeland Estate): Sers. Niemeal Baadjies – 076 902 0268. . Sektor 2 (Chicago, New Orleans, Charleston Hill, Hugeunot): AO Charles van der Westhuizen – 082 576 2735.. Sektor 3 (Nederburg, Lantana, Riverside, Stoneriver Vallage, Rabiesdale): AO Gerhard Sampson – 079 894 1412.. Sektor 4 (Spesbona-vulstasie, Amstelhof, Langvlei): AO Wilfred Thomas – 082 522 2065.

You need to be Logged In to leave a comment.