Die jaarlikse interskole-redenaarskompetisie wat verlede Dinsdag (12 April) plaasgevind het, is deur die Laerskool Paarl Gimnasium, Die Afrikaanse Taalmuseum en –monument en die Afrikaanse onderwysnetwerk aangebied. Daar was 11 deelnemende skole (Courtrai, Stellenbosch, Primêre Seunskool, Meisieskool, Hugenote, Eikestad, Ruens Kollege, Gericke, La Rochelle, Worcester Primêr en Gimnasium) wat elkeen twee gr. 6- of gr. 7-leerders kon inskryf. Slegs onvoorbereide toesprake is gelewer en beoordeel. Agter staan Verinque Daniels (Die Afrikaanse Taalmuseum en –monument), Marelize Meintjes (beoordelaar) en Mia du Preez (beoordelaar). Voor sit Amelia Minnaar (Gimnasium