Die onlangse swaar reënval en gevolglike oorstromings is weer eens ’n bewys van ’n gebrek aan basiese instandhouding.
Paaie oor die hele munisipaliteit heen het verlede week verspoel want gewone instandhouding word nie gedoen nie. Blare word nie opgetel nie en strate word nie meer gevee nie, dus gaan daai alles in die dreine af en verstop dit.
Hier word geen dreine skoongemaak nie, dus kan die water nie wegloop nie. Ry gerus deur die dorp en kyk hoeveel dreine is toe weens sand, blare en ander vullis.
Die owerhede is baie vinnig om te waarsku oor swaar reën en moontlike oorstromings wat op pad is, maar hulle doen niks om dit te verhoed of beter te maak nie.
Dit is elke jaar dieselfde storie.