Die Joy Cargill School of Ballet in Paarl is ná maande van inperking weer aan die gang met volle Covid-19-veiligheidsmaatreëls wat ingestel is. Die meisies ballet almal saam by dié skool vandat hulle vier jaar oud is. Agter is Tarah Waries, Nina Enslin en Georgia Ohare. Voor is Alyx du Toit, Joshleen Durand en Leah du Toit. Afwesig: Ciara Engelbrecht.