Inligting gesoek

Die Riebeek-Wes-polisie is op soek na inligting wat hulle kan help in hul ondersoek ná ’n vragmotor op die R44 tussen Hermon en Gouda gekaap is.


Die Riebeek-Wes-polisie is op soek na inligting wat hulle kan help in hul ondersoek ná ’n vragmotor op die R44 tussen Hermon en Gouda gekaap is.

Volgens stasiekommissaris, kaptein Fanie Majiedt, was ’n aflewerings- voertuig van DLC Meat van Wolseley na Paarl onderweg toe dit van die pad afgedwing is.

Die insittendes is met ’n vuurwapen gedreig en agter in die voertuig toegesluit.

Die verdagtes het met die voertuig tot by Soetendal-spoornetstasie te Hermon gery, waar hulle met ’n onbekende bedrag geld in ’n gesteelde Toyota-motor van die toneel gevlug het.

Enigiemand met inligting word gevra om die Riebeeck-Wes-speurtak by 022 461 8100 te bel. – Samuel Walters

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.