In gesprek met Breyten en Bezuidenhout

Twee bekende Afrikaanse kunstenaars, Breyten Breytenbach en Andries Bezuidenhout, neem komende Saterdag, 18 Februarie, aan ’n gesprek oor “Ons as Bastervolk” by die Breytenbach Galery op Wellington deel.

Die gesprek vorm deel van die kunsuitstalling Hibrida van die kunstenaar Niël Jonker wat tans in die galery gehou word.

Volgens Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die kunsgalery, het Breyten Breytenbach reeds in 1976 gesê: “Ons is ’n bastervolk met ’n bastertaal. Dis goed en mooi so. Ons moet kompos wees, ontbindend om wéér in ander vorme te kan bind.”

Breytenbach se gespreksgenoot, Andries Bezuidenhoudt, is ’n bekende kunstenaar en ook professor in Sosiologie. Bezuidenhout het veral in die jongste tyd baie aandag getrek met sy artikels oor die nuwe maniere van dink oor dinge soos liberalisme wat wêreldwyd besig is om die politieke toekoms van lande te beïnvloed.

Die gesprek begin Saterdagoggend om 11:00. in die Breytenbach Galery en belangstellendes kan vooraf 021 96 2988 bel om by die gesprek aan te sluit.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.