Imke Martins, ’n gr.10-leerder aan die Hoër Meisieskool La Rochelle, het Wes-Kaapse kleure in twee dansitems by die nasionale Talent Africa-danskompetisie verwerf. Die kompetisie sou van 1 tot 4 April in Port Elizabeth plaasgevind het, maar as gevolg van die Covid-19-pandemie het die kompetisie aanlyn plaasgevind. Imke het goud in die ope-afdeling verwerf en in die Lyrical/Contemporary/Modern-afdeling het sy silwer losgedans. Imke het ook gekwalifiseer om aan verskeie internasionale kompetisies deel te neem. Sy berei nou voor vir die Talent America-kompetisie.
Imke dans kompetisieplek los
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.