Imke Martins, ’n gr.10-leerder aan die Hoër Meisieskool La Rochelle, het Wes-Kaapse kleure in twee dansitems by die nasionale Talent Africa-danskompetisie verwerf. Die kompetisie sou van 1 tot 4 April in Port Elizabeth plaasgevind het, maar as gevolg van die Covid-19-pandemie het die kompetisie aanlyn plaasgevind. Imke het goud in die ope-afdeling verwerf en in die Lyrical/Contemporary/Modern-afdeling het sy silwer losgedans. Imke het ook gekwalifiseer om aan verskeie internasionale kompetisies deel te neem. Sy berei nou voor vir die Talent America-kompetisie.