Die Paarlse akteur en komediant John Koopman is bekend vir sy energieke TikTok-videos wat mense laat skaterlag. Hy is ook ’n bekende gesig wat bydra tot ’n lekker gees en atmosfeer voor en tydens ’n Springbok-rugbywedstryd. In ’n onlangse video wat Koopman by ’n plaaslike franchise-restaurant gemaak het, het hy mense weer eens laat giggel. Tydens die video probeer hy op ’n snaakse rusbank sit, wat eintlik net ’n armleuning is wanneer klante rondhang by die restaurant en op hul wegneemete wag. Koopman was baie trots toe dié einste video erken word as die mees gekykte TikTok-video in Suid-Afrika. Teen Dinsdagmiddag het meer as 2,9 miljoen mense aangedui dat hulle van die video hou, met meer as 21 700 kommentare, en dit is reeds meer as 123 300 keer gedeel.Foto: Skermgreep/Johnkoopman/TikTok