Die Laerskool Paarl Gimnasium het verlede naweek by die Highgate- Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms in ’n snikhete Oudtshoorn puik presteer en hul titel as laerskoolkampioen suksesvol verdedig. Gimnasium het met die louere weggestap met 12 423,8 punte met die Laerskool Kenridge in die tweede plek en Laerskool George-Suid in die derde plek. Die Gimmies het met hierdie oorwinning hul plek vir deelname later vanjaar in Bloemfontein by die Suid-Afrikaanse Tweekamp- kampioenskap bevestig. Agter van links is D’niel Conradie (o.13), Nianè Marè (o.11), Jan-Dawid Kirsten (o.15), Georgia Sabbagha (o.13) en Tiaan Wagener (o.13). Voor is Matthys Potgieter (o.11), Jordaan Stemmet (o.11), Mieke Burger (o.11), Levi van Staden (o.9) en Sion van Wyk (o.11).
Hulle skrik g’n vir hitte
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.