Die Cecchetti-balletdansers van Bianca’s School of Ballet het aan die Paarl Vallei Ballet-eisteddfod deelgeneem en is uit 13 groepe as die beste balletgroep vir 7-8-jariges aangewys met die dans getitel, Liqourice. Agter van links is Rosie Buchner, Jana Burger, Isabelle Marais, Hanli van der Westhuizen, Lienke Stapelberg en Janke van Zyl. Voor is Tamsyn Geduldt, Caitlyn Rheeder, Mia Fourie en Mia Burger.